1 Peter 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom moet u alle boosheid en alle bedrog en huigelary en afguns en alle boosheid tersyde stel,
Afrikaans (NLV) 2011
Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery.
Afrikaans 1933/1953
Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery;
Afrikaans 1983
Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Lê daarom alles wat sleg is, en alle bedrog en geveinsdheid en jaloesie, en alle geskinder af,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom moet julle ophou om enige iets te doen wat sleg is en julle moenie iemand bedrieg nie. Julle moet ook nie skynheilig en jaloers wees en slegte dinge sê van ander mense nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maak julle lewe skoon. Raak ontslae van slegte en oneerlike dinge. Moenie agter iemand se rug iets anders wees as wat julle voor hom is nie. Jaloesie bring julle niks in die sak nie, en om sleg te praat van ander nog minder.