1 Peter 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; wat nie barmhartigheid verkry het nie, maar nou barmhartigheid verkry het.
Afrikaans (NLV) 2011
“Vroeër was julle nie ’n volk nie; nou is julle egter die volk van God. Vroeër het God geen ontferming aan julle bewys nie; nou hét julle egter sy ontferming.”
Afrikaans 1933/1953
julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
Afrikaans 1983
Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
julle wat eers nie 'n volk was nie, maar nou volk van God is; wat eers nie ontferming ontvang het nie, maar nou ontferming ontvang het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe was julle nie 'n volk nie, maar nou is julle God se volk. Toe was God nie goed vir julle nie, maar nou is Hy goed vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Voorheen was julle soos boemelaars met wie niemand iets te doen wou hê nie, maar nou is julle God se mense. Julle het voorheen nie geweet wat liefde en goedheid regtig beteken nie, maar julle het by God daardie liefde en goedheid leer ken.