1 Peter 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Of aan goewerneurs, soos aan die wat deur hom gestuur is ter straf van kwaaddoeners en tot lof van die wat goed doen.
Afrikaans (NLV) 2011
én die amptenare wat die koning benoem het. Die koning het ’n mandaat aan hulle gegee om dié wat kwaad doen, te straf, en erkenning te gee aan dié wat goeddoen.
Afrikaans 1933/1953
of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys.
Afrikaans 1983
of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat dié wat kwaad doen, moet straf, maar dié wat goed doen, moet prys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
as aan die prokurator – die mense deur die keiser gestuur om die misdadigers te straf, en dié wat goed doen, aan te prys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet ook gehoorsaam wees aan die goewerneurs, want die keiser het hulle gestuur om die mense te straf wat slegte dinge doen en om die mense te prys wat goeie dinge doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
van die polisie af wat hier onder ons die kwaaddoeners moet vang en die goeie mense moet beskerm nie.