1 Peter 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want so is die wil van God, dat julle deur goed te doen die onkunde van dwase mense tot swye kan bring.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is God se wil dat julle goeie gedrag die mense wat uit onkunde van julle kwaadpraat, sal stilmaak.
Afrikaans 1933/1953
Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring,
Afrikaans 1983
Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God wil immers hê dat julle, deur goed te doen, die onkunde van dwase mense stopsit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet gehoorsaam wees, want God wil hê dat die onverstandige mense moet stilbly wanneer hulle sien dat julle goeie dinge doen. Die onverstandige mense weet nie wat God wil hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het ’n plan daarmee as julle elke dag so positief leef. Deur die regte dinge te doen sal julle al die kritiek stilmaak van mense wat lelike dinge oor julle sê. Hulle weet in elk geval nie waarvan hulle praat nie.