1 Peter 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Eer alle mense. Hou van die broederskap. Vrees God. Eer die koning.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle moet alle mense respekteer. Julle moet al die lede van die huisgesin van God liefhê. Betoon ontsag aan God. Respekteer die koning.
Afrikaans 1933/1953
Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.
Afrikaans 1983
Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle moet alle mense respekteer, die medegelowiges met liefde bejeën, ontsag vir God hê, die keiser respekteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet al die mense eer, julle moet lief wees vir die mense wat in die Here glo, julle moet God eer en dien, julle moet die keiser eer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Behandel almal met wie julle te doen kry beleefd en gemanierd. Teenoor julle mede-Christene moet julle liefdevol en lojaal wees. Erken en eer God as die groot en magtige Heerser, maar respekteer ook die leier van julle aardse regering.