1 Peter 2:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want dit is dankbaar as iemand vir die gewete van God droefheid verdra en onregmatig ly.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is immers genade as jy, omdat jy in gedagte hou wat God wil hê, onverdiende houe vat, al maak dit jou seer.
Afrikaans 1933/1953
Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly.
Afrikaans 1983
Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is immers genade as iemand, omdat hy met God rekening hou, onregverdig lyding verduur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want God is baie goed vir julle as julle niks verkeerd gedoen het nie en julle kry baie swaar en julle is tevrede omdat julle dink aan wat God wil hê julle moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat regtig saak maak, is dat julle liewer maar hierdie onbillike optrede van julle meerderes moet verdra sodat God nie in die gang van sake in die skande gesteek word nie.