1 Peter 2:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want watter heerlikheid is dit as julle dit geduldig sal opneem wanneer julle geslaan word oor julle misdade? maar as julle, wanneer julle goed doen en daarvoor ly, dit geduldig opneem, is dit by God welgevallig.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar is natuurlik geen verdienste daarin as julle die houe vat vir ’n oortreding nie. Om egter die houe te vat wanneer julle goeddoen, dít is iets besonders voor God.
Afrikaans 1933/1953
Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly -- dit is genade by God.
Afrikaans 1983
As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want watter aanprysing is daar vir julle wanneer julle oortree, lyfstraf ontvang, en nogtans daarmee volhard? Maar as julle volhard terwyl julle goed doen, en dan tog ly – dit is genade by God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want as julle geduldig is wanneer mense julle slaan omdat julle sonde doen, dan sal die mense julle nie prys nie, dit is seker. Maar as julle geduldig is wanneer julle swaarkry omdat julle goeie dinge doen, dan sal God goed wees vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As julle onder straf deurloop omdat julle verbrou het, het julle dit mos verdien.