1 Peter 2:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ook hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir ons gely het en vir ons 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan volg.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie soort swaarkry maak juis deel uit van dit waartoe God julle geroep het. Christus, wat vir julle gely het, is julle voorbeeld. Volg in sý spore.
Afrikaans 1933/1953
Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;
Afrikaans 1983
Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle is immers hiertoe geroep, want •Christus het ook ter wille van julle gely; Hy het vir julle 'n voorbeeld nagelaat, sodat julle in sy voetspore kan volg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het vir julle gekies om goeie dinge te doen en om swaar te kry, want Christus het ook swaargekry vir julle. So het Hy vir julle 'n voorbeeld gegee sodat julle Hom kan volg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As julle egter niks verkeerds gedoen het nie en nogtans gestraf word, lyk die prentjie anders. As julle nie dan self lelik begin optree nie, maar die onbillike optrede van julle werkgewer met goeie dade te bowe kom, doen julle iets waarop God trots sal wees.