1 Peter 2:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat geen sonde gedoen het nie, en geen bedrog is in sy mond gevind nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het nooit sonde gedoen en geen leuen vertel nie.
Afrikaans 1933/1953
Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;
Afrikaans 1983
“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy wat “nie sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie”;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het nie sonde gedoen nie, en Hy het niemand bedrieg nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As Christene word daar van julle verwag om soos Jesus te leef. Hy het vir julle ’n voorbeeld gestel hoe julle moet leef. Leef soos Hy geleef het. Onthou dan, Hy het vir julle gely en nooit iets gedoen waarvan God nie gehou het nie. Wat Hy gesê het, kan julle maar altyd glo.