1 Peter 2:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want julle was soos skape wat dwaal; maar is nou terug na die Herder en Biskop van julle siele.
Afrikaans (NLV) 2011
Vroeër was julle soos verdwaalde skape. Nou het God julle egter teruggebring na julle Herder, die Bewaker van julle lewe.
Afrikaans 1933/1953
Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.
Afrikaans 1983
Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle was immers verdwaal soos skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Bewaker van julle siele.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want julle was soos skape, julle elkeen het geloop waar hy wou loop, maar nou het julle teruggekom na Christus toe. Hy is die Herder, die Een wat vir julle sorg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle was soos skape wat verdwaal het, maar nou het julle julle pad terug gekry tot by julle Skaapwagter. Hy sal julle goed oppas en mooi vir julle sorg.