1 Peter 2:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ook word julle, soos lewendige klippe, opgebou tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat vir God welgevallig is deur Jesus Christus.
Afrikaans (NLV) 2011
Laat julle as lewende klippe inbou in God se geestelike tempel. Julle taak as tempel is om heilige priesters te wees wat geestelike offers bring. God aanvaar hierdie offers juis omdat Jesus Christus die hoekklip is.
Afrikaans 1933/1953
en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.
Afrikaans 1983
Laat julle as lewende stene opbou tot 'n geestelike huis, om 'n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en laat julle as lewende klippe opbou tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat, deur Jesus •Christus, vir God aanneemlik is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle is ook soos klippe wat lewe, julle moet bid dat God sy Gees sal gebruik om sy huis te bou met julle. Dan kan julle gewyde priesters wees om offers vir God te bring. Dit is Jesus Christus wat vir julle help om te offer soos die Gees wil hê, sodat God van hierdie offers sal hou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle moet ook sulke goeie, lewende stene wees sodat God julle in die geestelike huis kan inbou. Dit is maar ’n ander manier om te sê dat julle mense moet wees wat die Here elke oomblik van julle lewe dien. So kan God sy hand deur julle na ander uitsteek en kan ander sy hand deur julle voel. Doen en gee vir die Here dit waarvan Hy hou, want Jesus maak dit vir julle moontlik.