1 Peter 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom is dit ook vervat in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion 'n uitverkore, kosbare hoeksteen, en hy wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Soos dit in die Skrif staan: “Ek lê in Sion ’n hoekklip, uitgekies vir dié ereplek. Elkeen wat op Hom vertrou, sal nóóit verneder word nie.”
Afrikaans 1933/1953
Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion 'n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.
Afrikaans 1983
Daarom staan daar in die Skrif: “Kyk, Ek lê in Sion 'n hoekklip, uitverkies vir die ereplek. Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar staan immers in die Skrif: “Kyk, Ek sit in Sion 'n klip neer, 'n hoeksteen, uitverkore en kosbaar; maar wie in Hom glo, sal vir seker nie beskaamd staan nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want ons lees in die Ou Testament: Kyk, Ek sit in Sion 'n klip neer, dit is 'n hoek-klip wat Ek gekies het en wat baie kosbaar is. Die mense wat in Hom glo, sal veilig wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons lees in die Skrif dat God lank gelede al gesê het: “Kyk mooi, in Sion bou Ek ’n steen in. Ek self het die steen gekies en dit op die belangrikste plek in die hele gebou gesit. Iemand wat op dié steen vertrou, sal nooit daaroor jammer hoef te wees nie.”