1 Peter 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar, maar vir die ongehoorsames word die steen wat die bouers verbied het, dit die hoof van die hoek gemaak,
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie eer is dus bedoel vir julle wat glo. Vir dié wat egter nie glo nie, geld die volgende woorde: “Juis daardie klip wat deur die bouers afgekeur is, het die sluitklip van die gebou geword.”
Afrikaans 1933/1953
Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword; en: 'n Steen des aanstoots en 'n rots van struikeling --
Afrikaans 1983
Julle wat glo, deel in hierdie eer, maar vir dié wat nie glo nie, geld die woorde: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom is dit kosbaar vir julle wat glo, maar vir ongelowiges geld, “Juis die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword, ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom, julle wat in Jesus Christus glo, sal ook vir Hom baie kosbaar wees. Maar daar is mense wat nie in Hom glo nie. Vir hulle is dit waar wat in die Ou Testament geskryf is: Die klip wat die bouers nie wou gebruik nie, daardie klip het die belangrikste klip in die gebou geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As jy op Jesus vertrou, deel jy in hierdie eer van Hom. Vir hulle wat hulle nie aan Hom steur nie, sê die Skrif: “Die steen wat die bouers nie wou hê nie, juis daardie steen het die belangrikste steen in die hele gebou geword.”