1 Peter 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En 'n klip van aanstoot en 'n rots van struikeling, vir die wat deur die woord struikel, omdat hulle ongehoorsaam is, waartoe hulle ook bestem is.
Afrikaans (NLV) 2011
Die volgende Skrifdeel geld ook vir dié wat nie glo nie: “Hy is ’n klip waaroor mense struikel, ’n rots wat jou laat val.” Hulle struikel omdat hulle nie aan God se woord gehoorsaam is nie. Hulle was vir hierdie struikeling bestem.
Afrikaans 1933/1953
vir die wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is.
Afrikaans 1983
en: “'n klip waaroor 'n mens struikel en 'n rots waarteen jy jou stamp.” Hulle struikel omdat hulle nie aan die woord gehoorsaam is nie. So het God dit ook vir hulle bestem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en “'n klip waaroor 'n mens kan struikel, ja, 'n rots wat jou kan laat val.” Hulle struikel, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is; hulle was daartoe bestem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar is ook geskryf: Hy is 'n klip waarteen hulle stamp, 'n rots waaroor hulle val. Hulle val oor die rots omdat hulle nie geglo het wat God gesê het nie. Dit was God se plan dat dit met hulle moet gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En: “Hy is soos ’n klip waaroor ’n mens val en soos ’n rots waarteen jy vasloop en val.” Hulle struikel en val, omdat hulle hulle nie aan God se woorde steur nie. Dit kan ’n mens ook van hulle verwag. God het vooraf geweet en besluit dat dit so sou wees.