1 Peter 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Net so moet julle, vrouens, aan julle eie mans onderdanig wees; dat, as iemand die woord nie gehoorsaam nie, hulle ook sonder die woord gewen kan word deur die wandel van die vroue;
Afrikaans (NLV) 2011
En julle, vroue, julle moet julle eie mans se gesag oor julle aanvaar, selfs as hulle nie die Goeie Nuus glo nie. Sonder dat julle ’n woord hoef te sê, sal julle leefstyl hulle vir Christus wen.
Afrikaans 1933/1953
Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word
Afrikaans 1983
[1-2] Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om 'n woord te sê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Net so, vroue, moet julle aan julle eie mans onderdanig wees, sodat, selfs indien sommige aan die woord ongehoorsaam is, ook hulle, sonder 'n woord, gewen kan word deur die manier waarop julle leef
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[1-2] Julle het gehoor dat slawe gehoorsaam moet wees aan hulle eienaars. Vroue, julle moet ook gehoorsaam wees aan julle eie mans. Miskien glo party van julle mans nie in God nie. As daardie mans sien dat julle vir God respekteer en dat julle heeltemal reg lewe, dan kan die vroue wat mooi lewe, die mans laat besluit om vir God te dien. Julle kan dit doen, ook wanneer julle niks sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dieselfde geld ook vir vroue. Wees ’n goeie vrou vir jou man. Doen wat hy van jou verwag. Die manier waarop julle in die gesin leef, is belangrik. As daar byvoorbeeld ’n man is wat nie na die Woord van God wil luister nie,