1 Peter 3:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat na die hemel opgevaar het en aan die regterhand van God is; engele en owerhede en magte wat aan hom onderwerp word.
Afrikaans (NLV) 2011
Christus hét die hemel binnegegaan. Hy sit nou aan die regterhand van God, met die engele, magte en kragte onder sy beheer.
Afrikaans 1933/1953
wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.
Afrikaans 1983
Hy is nou aan die regterhand van God nadat Hy die engele en magte en kragte aan Hom onderwerp het en die hemel ingegaan het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy wat aan die regterhand van God is, nadat Hy die hemel binnegegaan het, en engele, magte en kragte aan Hom onderwerp is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het na die hemel gegaan. Hy sit daar op die belangrikste plek langs God. God het gesê dat Jesus Christus moet regeer oor al die engele en oor almal en alles wat belangrik wil wees in die wêreld.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy is na God toe en daar sit Hy op die ereplek direk langs God. Van daar heers Hy oor alles en almal. Selfs die onsigbare magte en die engele staan onder sy gesag.