1 Peter 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar laat dit die verborge mens van die hart wees, in dit wat nie verderflik is nie, ja, die versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat kosbaar is voor God.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle skoonheid moet veral innerlik wees: blywende beskeidenheid en ’n gemoed wat kalm en rustig is. Dit is vir God kosbaar.
Afrikaans 1933/1953
maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.
Afrikaans 1983
Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar op dit wat in die mens se hart verborge is – die onverganklike skoonheid van 'n saggeaarde en rustige gees, wat in God se oë baie kosbaar is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nee, ’n vrou se eintlike skoonheid kom van binne af. Hoe mooi is dit nie as ’n vrou sag en vriendelik optree nie! Of ’n vrou nou oud of jonk is, hierdie soort mooiheid kan jy nie van haar af wegvat nie. In God se oë is dit die kosbaarste juwele wat ’n vrou kan dra.