1 Peter 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want so het ook in die ou tyd die heilige vroue wat op God vertrou het, hulleself versier deur aan hulle eie mans onderdanig te wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Dis presies hoe die gelowige vroue in die ou dae hulle mooi gemaak het. Hulle het op God gehoop en hulle mans se gesag oor hulle aanvaar.
Afrikaans 1933/1953
Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig,
Afrikaans 1983
In die ou dae het die gelowige vrouens wat op God gehoop het, hulle ook so versier: hulle was aan hulle mans onderdanig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So het ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself immers destyds versier deur aan hulle eie mans onderdanig te wees –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit was voorheen dieselfde met die vroue wat in God geglo het en wat seker was dat Hy sal doen wat Hy gesê het. Hulle was gehoorsaam aan hulle eie mans, dit is hoekom hulle mooi was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In die ou tyd het die vroue wat God getrou met alles gedien het, hulle ook so mooi gemaak. Hulle was goeie vroue wat na hulle man geluister het.