1 Peter 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Net soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het: wie se dogters julle is, solank julle goed doen en nie met enige verbasing bang is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Sara, byvoorbeeld, was aan haar man, Abraham, gehoorsaam deur hom “Meneer” te noem. Julle het haar dogters geword omdat julle doen wat goed is en julle nie laat afskrik deur enige intimidasie nie.
Afrikaans 1933/1953
soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom heer genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen en geen enkele verskrikking vrees nie.
Afrikaans 1983
Sara, byvoorbeeld, was aan Abraham gehoorsaam en het met eerbied na hom verwys. As julle doen wat goed is en julle nie deur dreigemente laat afskrik nie, is julle haar dogters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
soos Sara aan Abraham gehoorsaam was, toe sy hom as “heer” aangespreek het. Julle het haar dogters geword, as julle doen wat goed is, en julle nie deur enige dreigement laat afskrik nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
So was Sara gehoorsaam aan Abraham. Sy het vir hom gesê: “Meneer.” Julle is nou Sara se kinders. Daarom moet julle goeie dinge doen en julle moenie bang wees vir enige iets wat vir julle wil bangmaak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dink aan Sara as voorbeeld. Sy het na Abraham geluister en erken dat hy die leiding in die gesin moes neem. As julle reg leef en nie toelaat dat mense julle bangmaak of verkleineer as julle vir God leef nie, behoort julle soos Sara ook aan God se geestelike gesin.