1 Peter 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ten slotte, wees almal eensgesind, ontferm julle oor mekaar, liefde soos broeders, wees jammer, wees hoflik.
Afrikaans (NLV) 2011
’n Laaste woord oor julle verhoudings: Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.
Afrikaans 1933/1953
En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.
Afrikaans 1983
Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ten slotte: Wees almal eensgesind, meelewend, vol broederliefde, vol ontferming, nederig,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hierdie is die laaste dinge wat ek hieroor wil sê. Julle moenie met mekaar twis nie, julle moet dieselfde dink oor dinge. Julle moet bly wees saam met ander mense en julle moet hartseer wees saam met hulle. Julle moet lief wees vir mekaar soos broers en susters lief is vir mekaar. Julle moet jammer wees vir ander mense en julle moenie hoogmoedig wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vir julle almal kom dit hierop neer: moenie dwarstrekkerig wees en elkeen sy eie kop volg nie. Wees sensitief vir mekaar se gevoelens. Soos jy jou eie broer of suster liefhet, moet julle mekaar liefhê. Gee vir mekaar om en moenie te veel van jouself dink ten koste van ander nie.