1 Peter 4:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die tyd het gekom dat die oordeel moet begin by die huis van God; en as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
Afrikaans (NLV) 2011
Die tyd vir die oordeel het inderdaad aangebreek, en dit begin by die huisgesin van God. As selfs ons Christene geoordeel word en dit is nog maar die begin, hoe verskriklik sal dit nie uiteindelik gaan met dié wat God se Goeie Nuus nie wou aanvaar nie?
Afrikaans 1933/1953
Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
Afrikaans 1983
Die tyd vir die oordeel het aangebreek; dit begin by die huis van God. En as ook ons geoordeel word, en dit is nog maar die begin, wat sal die uiteinde dan wees van hulle wat nie na die evangelie van God wou luister nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is immers tyd dat die oordeel begin, en wel by die huishouding van God. As dit by ons begin, wat sal dan die uiteinde wees van hulle wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God sal nou gou begin om mense te oordeel en Hy sal eerste begin oordeel by ons, ons wat die tempel van God is. Maar as God by óns begin om mense te oordeel, wat sal dan gebeur met die mense wat nie wou luister na die goeie boodskap wat van God kom nie? God sal hulle swaarder straf!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is nou die tyd vir God om soos ’n regter te sê wat Hy van elkeen dink. Hy gaan begin met die gelowiges wat sy kinders is. As selfs ons voor God moet gaan staan soos voor ’n regter in die hof, hoe vreesaanjaend en verskriklik sal dit nie vir dié mense wees wat hulle hele lewe lank die rug vir God en sy goeie boodskap gedraai het nie.