1 Samuel 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Eli vir haar: Hoe lank sal jy dronk wees? verwyder jou wyn van jou af.
Afrikaans (NLV) 2011
“Moet jy dan besope hier aankom?” sê hy. “Los die drank uit!”
Afrikaans 1933/1953
En Eli sê vir haar: Hoe lank wil jy jou soos 'n dronk mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg.
Afrikaans 1983
Hy sê toe vir haar: “Hoe lank wil jy dronk bly? Loop word eers nugter!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Eli sê toe vir haar: “Hoe lank nog gaan jy dronk bly? Raak ontslae van jou wyn!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Eli sê toe vir Hanna: “Hoe lank wil jy dronk bly? Gaan nou en kom terug wanneer jy nie meer dronk is nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sê toe vir haar: “Wanneer gaan jy ophou met jou gedrink? Los die drank!”