1 Samuel 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Moenie u slavin as 'n dogter van Belial ag nie, want uit die oorvloed van my klagte en droefheid het ek tot dusver gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011
Asseblief, moenie dink ek is ’n slegte vrou nie. Ek het so lank gebid omdat ek baie hartseer is.”
Afrikaans 1933/1953
Hou tog nie u dienares vir 'n deugniet nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek.
Afrikaans 1983
Moet tog nie dink ek is 'n slegte vrou nie. Dis oor my groot smart en leed dat ek so lank bly praat het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moet my, u slavin, nie as 'n slegte vrou beskou nie, want dit is oor my kommer en ontsteltenis wat ek so lank gepraat het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moenie dink dat ek 'n slegte vrou is nie. Ek het tot nou toe gepraat oor my groot hartseer en my pyn.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moet asseblief nie dink dat ek, ’n nederige mens, sommer ’n nikswerd vrou is nie. Dit is omdat ek bekommerd en ontsteld is dat ek so lank gebid het.”