1 Samuel 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe antwoord Eli en sê: Gaan in vrede, en die God van Israel gee jou jou bede wat jy van hom gevra het.
Afrikaans (NLV) 2011
“Gaan gerus,” sê Eli. “Mag die God van Israel vir jou gee wat jy Hom gevra het.”
Afrikaans 1933/1953
En Eli antwoord en sê: Gaan in vrede, en mag die God van Israel jou bede gee wat jy van Hom gebid het.
Afrikaans 1983
Toe sê Eli: “Wees gerus en gaan nou maar. Die God van Israel sal aan jou gee wat jy van Hom afgesmeek het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Eli het haar geantwoord en gesê: “Gaan in vrede! Die God van Israel sal jou versoek, dit wat jy van Hom gevra het, toestaan. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Eli het vir Hanna gesê: “Ek hoop dit sal goed gaan met jou. Ek bid dat die God van Israel vir jou sal gee wat jy gevra het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Eli sê toe vir haar: “Mag dit met jou goed gaan, en mag die God van Israel vir jou gee wat jy Hom gevra het.”