1 Samuel 1:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy sê: Laat u dienares genade vind in u oë. So het die vrou toe gegaan en geëet, en haar aangesig was nie meer bedroef nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Baie dankie, Meneer!” antwoord sy en gaan terug om te eet. Sy was nie meer hartseer nie.
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê sy: Mag u dienares guns in u oë vind. Die vrou het toe daar weggegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders.
Afrikaans 1983
En sy het gesê: “Mag dit vir my wees soos u sê.” Sy het toe geloop en gaan eet, en sy was nie meer bedruk nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Mag u slavin genade vind in u oë,” het sy gesê. Die vrou is toe daar weg. Sy het geëet, en haar gesig was nie meer droewig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hanna het geantwoord: “Ek hoop jy sal aanhou tevrede wees met my.” Sy het gegaan en geëet, en sy was nie meer ongelukkig nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nederig het Hanna hom geantwoord: “Dankie dat u vir my goed is.” Sy het na haar mense toe teruggegaan en geëet. Sy het nie meer so ongelukkig gelyk nie.