1 Samuel 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het twee vroue gehad; die naam van die een was Hanna en die naam van die ander Peninna; en Peninna het kinders gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het twee vroue gehad, Hanna en Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna was kinderloos.
Afrikaans 1933/1953
En hy het twee vroue gehad; die naam van die een was Hanna, en die naam van die tweede was Peninna; en Peninna het kinders gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie.
Afrikaans 1983
Hy het twee vrouens gehad. Die een se naam was Hanna en die ander s'n Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het twee vroue gehad. Die eerste vrou se naam was Hanna en die tweede vrou se naam was Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elkana het twee vroue gehad. Die naam van die een vrou was Hanna en die naam van die ander vrou was Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna het nie kinders gehad nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elkana het twee vroue gehad. Die een met wie hy eerste getroud is se naam was Hanna. Die ander vrou se naam was Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna nie.