1 Samuel 1:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het dit gebeur, toe die tyd aanbreek dat Hanna swanger geword het, dat sy 'n seun gebaar het en hom Samuel genoem het en gesê: Omdat ek hom van die HERE gevra het.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy het swanger geword en op die regte tyd geboorte gegee aan ’n seun. Sy het hom Samuel genoem, “want,” het sy gesê, “ek het hom van die Here afgesmeek.”
Afrikaans 1933/1953
En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, 'n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die HERE gebid.
Afrikaans 1983
By die wisseling van die jaar was Hanna swanger. Sy het 'n seun in die wêreld gebring en uitgeroep: “Sy naam is Samuel: van die Here het ek hom afgesmeek!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Met die draai van die jaar was Hanna swanger en het sy aan 'n seun geboorte gegee. Sy het hom Samuel genoem, “want,” het sy gesê, “van die Here het ek hom gevra”.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Aan die einde van daardie jaar het sy swanger geword en sy het 'n seun gekry. Sy het hom Samuel genoem. Sy het gesê: “Sy naam is Samuel, want ek het vir die Here gevra om hom vir my te gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Binne drie maande het Hanna ’n baba verwag. Toe die seuntjie gebore is, het sy hom Samuel genoem, “want ek het die Here gevra om hom vir my te gee,” het sy gesê.