1 Samuel 1:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die man Elkana en sy hele huis het opgegaan om die jaarlikse offer en sy gelofte aan die HERE te bring.
Afrikaans (NLV) 2011
Die volgende jaar het Elkana, Peninna en haar kinders soos gebruiklik vertrek om vir die Here te gaan offer.
Afrikaans 1933/1953
Toe die man lkana dan met sy hele huisgesin opgaan om aan die HERE die jaarlikse offer en sy gelofte-offer te bring,
Afrikaans 1983
Toe Elkana en sy hele gesin gaan om die jaarlikse offer aan die Here te bring en sy gelofte te betaal,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie man, Elkana, en sy hele gesin het weer opgegaan om aan die Here die jaarlikse offer en ook sy gelofte-offer te bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elkana en sy hele huisgesin het weer gegaan om die offer te bring wat hy elke jaar moes bring, en ook sy gelofte-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Elkana die volgende jaar met sy familie Silo toe gaan om die jaar se offer vir die Here te bring en om ’n gelofte wat hy afgelê het, na te kom,