1 Samuel 1:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Hanna het nie opgegaan nie; want sy het vir haar man gesê: Ek sal nie optrek voordat die kind gespeen is nie, en dan sal ek hom bring, dat hy voor die aangesig van die HERE kan verskyn en daar vir ewig kan bly.
Afrikaans (NLV) 2011
Hanna het egter nie saamgegaan nie. Sy het vir haar man gesê: “Wag totdat die kindjie gespeen is. Dan sal ek hom neem om voor die Here te verskyn en lewenslank daar te bly.”
Afrikaans 1933/1953
het Hanna nie opgegaan nie; maar sy het aan haar man gesê: Eers wanneer die seun gespeen is, sal ek hom bring, dat hy kan verskyn voor die aangesig van die HERE en daar vir altyd bly.
Afrikaans 1983
het Hanna nie saamgegaan nie, want sy het vir haar man gesê: “Wanneer die seun gespeen is, sal ek hom wegbring dat hy voor die Here verskyn en altyd daar bly.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hanna het nie saam opgegaan nie, maar het vir haar man gesê: “Nadat die seun gespeen is, sal ek hom bring, sodat hy voor die Here kan verskyn en vir altyd daar bly.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hanna het nie saamgegaan nie. Sy het vir haar man gesê: “Wanneer my seun nie meer aan my drink nie, dan sal ek hom bring en ek sal hom vir die Here gee om vir Hom te werk. Dan kan hy altyd daar bly.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
het Hanna nie saamgegaan nie. Sy het vir haar man gesê: “Wanneer die kind nie meer aan my drink nie, sal ek hom vat en hom vir die Here gaan gee. Dan sal hy vir altyd daar bly.”