1 Samuel 1:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê haar man Elkana vir haar: Doen wat jy goed vind; vertoef totdat jy hom gespeen het; net die HERE bevestig sy woord. Die vrou het toe gebly en haar seun laat soog totdat sy hom gespeen het.
Afrikaans (NLV) 2011
“Doen wat jy dink die beste is,” antwoord Elkana. “Bly hier totdat hy gespeen is, en mag die Here sy woord waar maak.” Sy het dus tuis gebly en die baba versorg.
Afrikaans 1933/1953
En haar man Âlkana het aan haar gesê: Doen wat goed is in jou oë, bly totdat jy hom gespeen het; mag die HERE net sy woord bevestig. Die vrou het toe gebly en haar seun gesoog totdat sy hom gespeen het.
Afrikaans 1983
Haar man Elkana het vir haar gesê: “Maak soos jy dit goedvind. Bly totdat jy hom gespeen het. Mag die Here sy woord bevestig!” Hanna het toe gebly en haar kind gevoed totdat sy hom gespeen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Haar man, Elkana, het vir haar gesê: “Maak soos jy goedvind. Bly maar totdat jy hom gespeen het. Mag die Here net sy woord gestand doen.” Die vrou het toe tuis gebly en haar seun gevoed totdat sy hom gespeen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Haar man Elkana het vir haar gesê: “Jy moet doen wat jy dink is goed. Bly by die huis totdat die kind nie meer aan jou drink nie. Ek bid dat die Here alles sal doen wat Hy vir jou belowe het.” Hanna het by die huis gebly totdat haar seun opgehou het om aan haar te drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elkana het vir haar gesê: “Maak soos jy goeddink, en mag die Here jou help.” Hanna het by die huis gebly en haar kind versorg totdat hy nie meer aan haar gedrink het nie.