1 Samuel 1:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nadat sy hom gespeen het, het sy hom saam met haar opgeneem, met drie bulle en een efa meel en 'n sak wyn, en sy het hom na die huis van die HERE in Silo gebring, en die kind was jonk.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe die kindjie gespeen is, het Hanna hom na die heiligdom van die Here in Silo geneem. Hulle het ’n driejaaroud bul as offer saamgeneem en ook omtrent sestien kilogram meel en wyn.
Afrikaans 1933/1953
En sodra sy hom gespeen het, het sy hom met haar saam gebring, met drie bulle en 'n efa meel en 'n sak wyn, en sy het hom gebring in die huis van die HERE in Silo. En die seun was nog jonk.
Afrikaans 1983
Toe sy hom gespeen het, het sy hom saamgeneem, en ook 'n driejaaroud bul, sestien kilogram meel en 'n kruik wyn. Sy het hom as klein seuntjie weggebring na die huis van die Here toe in Silo.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nadat sy hom gespeen het, het sy met hom opgegaan, met 'n driejaaroud bul, 'n efa meel en 'n kruik wyn. Sy het hom as 'n jong seuntjie na die huis van die Here in Silo geneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nadat hy opgehou het om aan haar te drink, het sy hom saam met haar geneem en sy het hom na die tempel in Silo gebring. Die seun was nog jonk. Hanna het 'n bul saamgeneem wat drie jaar oud was en ook 'n efa meel en 'n velsak wyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Net nadat sy die kind gespeen het, toe hy nog baie klein was, het Hanna hom saamgevat na die tempel van die Here in Silo. Hulle het ook ’n drie jaar oue bulkalf, omtrent twintig kilogram meel en ’n groot kruik vol wyn saamgevat.