1 Samuel 1:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het ek hom ook aan die HERE geleen; so lank as hy lewe, sal hy aan die HERE geleen word. En hy het die HERE daar aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011
Nou gee ek hom terug vir die Here. Hy sal lewenslank aan die Here behoort.” Daarna het hulle die Here daar aanbid.
Afrikaans 1933/1953
So staan ek hom dan ook af aan die HERE al die dae wat hy leef; hy is aan die HERE afgestaan. En hy het die HERE daar aanbid.
Afrikaans 1983
Ja, van die Here het ek hierdie kind afgesmeek, en nou sal hy sy lewe lank iemand wees wat van die Here afgesmeek is.” Toe het hulle die Here daar aanbid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op my beurt staan ek hom nou aan die Here af. Solank as wat hy leef, is hy geleen aan die Here. ” Hulle het toe daar voor die Here in aanbidding gebuig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En ek het besluit om hom vir die Here te leen. Hy sal sy hele lewe lank iemand wees wat ek vir die Here geleen het.” Elkana en sy huisgesin het toe die Here daar aanbid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nou gee ek hom terug aan die Here. Solank hy lewe, is hy die Here s’n.” Samuel het toe daar by die altaar op sy knieë gaan staan.