1 Samuel 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hierdie man het jaarliks uit sy stad opgetrek om te aanbid en te offer aan die HERE van die leërskare in Silo. En die twee seuns van Eli, Hofni en Pinehas, die priesters van die HERE, was daar.
Afrikaans (NLV) 2011
Elke jaar het Elkana en sy gesin na Silo toe gegaan om daar te aanbid en offers vir die Here, die Almagtige, te bring. Die priesters van die Here daar was Hofni en Pinehas, die twee seuns van Eli.
Afrikaans 1933/1953
En die man het van jaar tot jaar opgegaan uit sy stad om te aanbid en aan die HERE van die leërskare te offer in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en P¡nehas, priesters van die HERE was.
Afrikaans 1983
Elkana het elke jaar uit sy stad uit na Silo toe gegaan om te aanbid en aan die Here die Almagtige offers te bring. Eli se twee seuns, Hofni en Pinehas, was in Silo priesters van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie man het jaar ná jaar uit sy dorp opgegaan om te aanbid en vir die Here, Heerser oor alle magte, offers te bring in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en Pinehas, priesters van die Here was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elkana het elke jaar van sy stad Ramatajim na die stad Silo gegaan om daar te bid en te offer vir die Here wat oor alles regeer. Hofni en Pinehas, die twee seuns van Eli, was in Silo priesters van die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elkana het gereeld een keer ’n jaar met sy vroue en kinders na die tempel in Silo gegaan om voor die magtige Here te kniel en vir Hom te offer. Eli en sy twee seuns, Hofni en Pinehas, was die Here se priesters in Silo.