1 Samuel 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe die tyd was dat Elkana geoffer het, het hy aan sy vrou Peninna en aan al haar seuns en haar dogters porsies gegee.
Afrikaans (NLV) 2011
Wanneer Elkana sy offers bring, het hy gewoonlik gedeeltes van die offermaaltyd aan Peninna en haar kinders gegee.
Afrikaans 1933/1953
En op 'n dag het Âlkana geoffer en aan sy vrou Peninna en al haar seuns en haar dogters dele van die offervleis gegee;
Afrikaans 1983
Elkana het gewoonlik op die dag wanneer hy geoffer het, dele van die offermaaltyd aan sy vrou Peninna en al haar seuns en dogters gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wanneer Elkana die dag geoffer het, het hy vir sy vrou Peninna en vir al haar seuns en dogters dele van die offervleis gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer Elkana 'n offer vir die Here gebring het, dan het hy vir Peninna en al haar seuns en dogters elkeen 'n stuk vleis gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elke keer as Elkana ’n dier geoffer het, het hy dele van die gaar vleis vir Peninna en al haar seuns en dogters gegee,