1 Samuel 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar aan Hanna het hy 'n waardige deel gegee; want hy het Hanna liefgehad, maar die HERE het haar skoot toegesluit.
Afrikaans (NLV) 2011
Al het hy Hanna baie liefgehad, kon hy vir haar net een deel van die offer gee, omdat die Here nie vir haar kinders gegee het nie.
Afrikaans 1933/1953
maar aan Hanna het hy 'n dubbele deel gegee; want hy het Hanna liefgehad; maar die HERE het haar moederskoot toegesluit.
Afrikaans 1983
Alhoewel hy vir Hanna liefgehad het, kon hy vir haar elke keer net een deel gee, want die Here het haar kinderloos laat bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar vir Hanna kon hy net een deel gee – al het hy haar liefgehad – want die Here het haar moederskoot gesluit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy was lief vir Hanna, maar hy kon vir haar net een stuk vleis gee, want die Here het nie vir haar kinders laat kry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
maar vir Hanna het hy ’n spesiale deel gegee, want hy was vir haar die liefste, al het die Here nie vir haar kinders gegee nie.