1 Samuel 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En soos hy jaar na jaar so gedoen het as sy opgaan na die huis van die HERE, so het sy haar geterg; daarom het sy geween en nie geëet nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit het jaar na jaar gebeur wanneer hulle na die huis van die Here gegaan het. Dit het Hanna so laat huil dat sy nie wou eet nie.
Afrikaans 1933/1953
So het hy gedoen van jaar tot jaar, telkens as sy opgaan in die huis van die HERE. So het sy haar geterg, dat sy geween het en nie wou eet nie.
Afrikaans 1983
So het dit jaar vir jaar gegaan: elke keer as Hanna in die huis van die Here gaan offer het, het Peninna haar gespot, sodat sy gehuil het en nie wou eet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
So het dit jaar ná jaar gegaan. Elke keer as Hanna opgegaan het na die huis van die Here, het Peninna haar só getreiter dat sy gehuil het en nie wou eet nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elkana het dit elke jaar gedoen. Wanneer Hanna na die tempel gegaan het, dan het Peninna haar gespot. Hanna het dan gehuil en sy het nie geëet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
want dit het elke jaar gebeur wanneer sy na die tempel van die Here toe gegaan het. Peninna het haar só gespot dat sy op ’n dag begin huil het en nie wou eet nie.