1 Samuel 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê haar man Elkana vir haar: Hanna, waarom ween jy? en waarom eet jy nie? en waarom is jou hart bedroef? Is ek nie vir jou beter as tien seuns nie?
Afrikaans (NLV) 2011
“Wat makeer, Hanna?” het Elkana dan gevra. “Hoekom eet jy nie? Hoekom is jy so verdrietig net omdat jy nie kinders het nie? Jy het mos vir mý! Is ek dan nie beter as tien seuns nie?”
Afrikaans 1933/1953
En haar man Âlkana sê vir haar: Hanna, waarom ween jy? en waarom eet jy nie? en waarom is jou hart bedroef? Is ek vir jou nie beter as tien seuns nie?
Afrikaans 1983
Dan sê haar man Elkana vir haar: “Hanna, waarom huil jy? Waarom eet jy nie en waarom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elkana, haar man, het op 'n keer vir haar gesê: “Hanna, hoekom huil jy? Hoekom eet jy nie? Hoekom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie? ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan het haar man Elkana vir haar gesê: “Hanna, hoekom huil jy en hoekom eet jy nie? Hoekom is jy hartseer? Jy weet jy het vir my, en dit is beter as om tien seuns te hê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elkana sê toe vir haar: “Hoekom huil jy? En hoekom eet jy nie? Waaroor is jy so omgekrap? Is ek nie vir jou beter as tien kinders nie?”