1 Samuel 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Hanna opgestaan nadat hulle in Silo geëet het en nadat hulle gedrink het. En die priester Eli het op 'n stoel by 'n paal van die tempel van die HERE gaan sit.
Afrikaans (NLV) 2011
Op ’n keer toe hulle weer by Silo was, het Hanna ná die offermaaltyd na die heiligdom van die Here gegaan. Die priester Eli het op sy gewone plek by die ingang gesit.
Afrikaans 1933/1953
Toe staan Hanna op nadat hulle geëet en nadat hulle gedrink het in Silo, terwyl die priester Eli op die stoel sit by die deurpos van die tempel van die HERE.
Afrikaans 1983
Op 'n keer ná die offermaaltyd in Silo het Hanna opgestaan terwyl die priester Eli op sy stoel langs die deurkosyn van die tempel van die Here gesit het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nadat hulle daar in Silo klaar geëet en gedrink het, het Hanna opgestaan. Eli, die priester, het op die stoel by die deurkosyn van die •tempel van die Here gesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nadat hulle in Silo saam geëet en gedrink het, het Hanna opgestaan. Die priester Eli het by die deur van die tempel op 'n stoel gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die priester Eli het gewoonlik op ’n stoel gesit by die deurkosyn van die tempel. Toe die familie klaar geëet en gedrink het, het Hanna opgestaan.