1 Samuel 14:49 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die seuns van Saul was Jónatan en Jisui en Melkisua; en die name van sy twee dogters was dit; die naam van die eersgeborene Merab, en die naam van die jongste Migal;
Afrikaans (NLV) 2011
Saul se seuns was Jonatan, Jiswi en Malkisua. Sy oudste dogter was Merab en die jonger een was Mikal.
Afrikaans 1933/1953
En die seuns van Saul was Jonatan en Jiswi en Malkisua, en die naam van sy twee dogters: die naam van die oudste was Merab, en die naam van die jongste Migal.
Afrikaans 1983
Die seuns van Saul was Jonatan, Jiswi en Malkisua; die name van sy twee dogters was Merab, die oudste, en Mikal, die jongste.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Saul se seuns was Jonatan, Jiswi en Malkisua; sy twee dogters se name was Merab, die oudste, en Migal, die jongste.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Saul se seuns was Jonatan, Jiswi en Malki-Sua, en sy twee dogters se name was Merab en Mikal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Saul se seuns was Jonatan, Jiswi en Malkisua. Hy het ook twee dogters gehad; die oudste se naam was Merab en die jongste Mikal.