1 Samuel 15:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Samuel vir Saul: Bly, dan sal ek jou vertel wat die HERE in hierdie nag vir my gesê het. En hy sê vir hom: Sê maar.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarop sê Samuel vir Saul: “Wag ’n bietjie, laat ek jou vertel wat die Here laas nag vir my gesê het!” “Wat was dit?” vra Saul.
Afrikaans 1933/1953
Toe sê Samuel vir Saul: Hou op, dat ek jou kan meedeel wat die HERE vannag met my gespreek het. En hy antwoord hom: Spreek.
Afrikaans 1983
En Samuel sê vir Saul: “Bly stil! Laat ek jou vertel wat die Here vannag vir my gesê het.” Saul sê toe vir hom: “Praat maar.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sê Samuel vir Saul: “Hou op, dat ek aan jou kan bekend maak wat die Here vannag vir my gesê het.” Waarop Saul vir hom sê: “Praat!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Samuel sê toe vir Saul: “Bly stil. Ek sal vir jou sê wat die Here gisteraand vir my gesê het.” Saul het gesê: “Goed, ek luister.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Bly stil,” sê Samuel vir Saul. “Kom ek sê vir jou wat die Here vannag vir my gesê het.” “Ja, sê maar,” sê Saul.

Recommended Reading