1 Samuel 16:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Isai vir Samma laat verbygaan. En hy sê: Ook dit het die HERE nie uitverkies nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna roep Isai vir Samma, maar Samuel sê: “Hierdie een het die Here ook nie gekies nie.”
Afrikaans 1933/1953
Verder het Isai Samma laat verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het die HERE ook nie uitgekies nie.
Afrikaans 1983
Daarna het Isai vir Samma laat verbygaan, maar Samuel het gedink: die Here het ook hierdie een nie gekies nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarna het Isai vir Samma laat verbygaan; maar hy het gedink: “Ook hierdie een het die Here nie gekies nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Isai het toe vir Samma laat verbyloop, maar Samuel het gesê: “Die Here het hom ook nie gekies nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna stel Isai vir Samma aan hom voor, en Samuel dink: “Die Here het ook nie hierdie een gekies nie.”