1 Samuel 17:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die Filistyn: Ek verag die leërs van Israel vandag; gee my 'n man, dat ons saam kan veg.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek daag vandag die gevegsmagte van Israel uit! Stuur tog iemand om teen my te veg!”
Afrikaans 1933/1953
Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes van Israel vandag uit! Gee my 'n man, dat ons saam kan veg.
Afrikaans 1983
Verder het die Filistyn nog gesê: “Ek staan die linies van Israel al heeldag en verkleineer! Gee my tog iemand dat ons teen mekaar kan veg.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Filistyn het gesê: “Ek, ja ek, maak vandag van die gevegslinies van Israel 'n bespotting! Stuur vir my 'n man, sodat ons kan veg!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Filistyn het gesê: “Ek sê nou vir julle: Julle Israeliete beteken niks. Julle moet vir my 'n man stuur sodat ons teen mekaar kan veg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy skree toe ook nog: “Ek spot al die hele dag met die soldaatjies van die Israeliete! Stuur tog nou iemand om teen my te kom veg!”