1 Samuel 17:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want Israel en die Filistyne het die geveg opgestel, leër teen leër.
Afrikaans (NLV) 2011
waar Israel en die Filistyne teenoor mekaar opgestel was.
Afrikaans 1933/1953
Israel sowel as die Filistyne het slagorde teenoor slagorde opgestel.
Afrikaans 1983
Israel en die Filistyne het naamlik in linies teenoor mekaar stelling ingeneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en Israel en die Filistyne was besig om hulle gevegslinies teenoor mekaar op te stel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Israeliete het in rye gaan staan, en die Filistyne het oorkant die Israeliete in rye gaan staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
want die Israeliete en die Filistyne het hulle manskappe laat regstaan om mekaar aan te val.