1 Samuel 2:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die teëstanders van die HERE sal verpletter word; uit die hemel sal Hy oor hulle donder: die HERE sal die eindes van die aarde oordeel; en hy sal sy koning krag gee en die horing van sy gesalfde verhef.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle wat die Here weerstaan, sal vernietig word. Uit die hemel sal Hy sy donderende stem teen hulle laat hoor. Die Here oordeel oor die hele aarde. Hy gee sterkte aan sy koning; en Hy gee krag aan sy gesalfde.”
Afrikaans 1933/1953
Die wat met die HERE twis, word verpletter; oor hulle donder Hy in die hemel; die HERE oordeel die eindes van die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy gesalfde.
Afrikaans 1983
Dié wat teen die Here in opstand kom, word vernietig, van bo uit die hemel verbrysel Hy hulle. Die Here spreek reg tot by die eindes van die aarde, Hy verleen krag aan sy koning, Hy gee sterkte aan sy gesalfde.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here – wie teen Hom te staan kom, word verpletter; oor hulle laat Hy dit dreun uit die hemel. Die Here spreek reg tot by die uithoeke van die aarde. Hy gee krag aan sy koning, Hy gee sterkte aan sy gesalfde. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense wat sê die Here is verkeerd, sal sterf. Die Here laat donderweer uit die lug oor hulle blits. Die Here sal al die mense op die aarde oordeel, en Hy sal sy koning wat Hy gesalf het, sterk maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
die Here slaan dié wat Hom teëgaan stukkend. In die hemel dreun die stem van die hoë God; die Here is regter oor die hele wêreld. Hy gee mag aan die koning wat Hy kies; Hy maak sy gesalfde sterk.