1 Samuel 2:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Elkana het na Rama gegaan na sy huis. En die seuntjie het die HERE gedien voor die priester Eli.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna het Elkana en Hanna sonder Samuel teruggegaan na Rama toe. Die seun het die Here onder toesig van die priester Eli gedien.
Afrikaans 1933/1953
Daarna het Âlkana na sy huis, na Rama, gegaan, terwyl die seun by die priester Eli die HERE bly dien het.
Afrikaans 1983
Daarna het Elkana na sy huis toe gegaan in Rama, terwyl die seun Samuel die Here bly dien het onder toesig van die priester Eli.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarna het Elkana na Rama gegaan, na sy huis toe. Die seuntjie was egter in diens van die Here onder toesig van Eli, die priester.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elkana het teruggegaan na sy huis in Rama, maar sy seun Samuel het by die priester Eli gebly om vir die Here te werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elkana het teruggegaan na sy huis in Rama, maar die seuntjie, Samuel, het agtergebly en onder toesig van Eli in die tempel gehelp.