1 Samuel 2:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die seuns van Eli was seuns van Belial; hulle het die HERE nie geken nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die seuns van Eli was egter slegte mense sonder enige respek vir die Here.
Afrikaans 1933/1953
Maar die seuns van Eli was deugniete; hulle het die HERE nie erken nie.
Afrikaans 1983
Maar Eli se seuns was slegte mense; hulle het nie met die Here rekening gehou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Eli se seuns was deugniete. Hulle het die Here nie geken nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die seuns van Eli was slegte mense. Hulle het nie gelewe soos die Here wou hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Eli se seuns was twee niksnutte; hulle het geen respek vir die Here gehad nie.