1 Samuel 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die gewoonte van die priesters by die volk was dat wanneer iemand 'n offer gebring het, die dienaar van die priester gekom het, terwyl die vlees sied, met 'n vleishoek van drie tande in sy hand;
Afrikaans (NLV) 2011
Die gebruik van die priesters was dat wanneer iemand ’n offer bring, die dienaar van die priesters met ’n drietandvurk kom sodra die vleis kook
Afrikaans 1933/1953
Die handelwyse van die priesters teenoor die volk was so: As iemand 'n offer slag, dan kom die dienaar van die priester, net soos die vleis kook, met die drietand-vurk in sy hand,
Afrikaans 1983
Die reg van die priesters teenoor die volk was so: elke keer wanneer iemand 'n offer bring, kom die priester se slaaf met 'n drietandvurk in sy hand, en wanneer die vleis kook,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die reg van die priesters teenoor die volk was so dat, wanneer enigiemand 'n offer slag, die priester se handlanger met 'n drietandvurk in sy hand kom terwyl die vleis kook.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die mense wat kom offer het, het altyd ook vir die priesters vleis gegee. Wanneer iemand klaar 'n ete-offer gebring het, dan het hy die vleis gaargemaak. Dan het die priester se slaaf gekom en hy het 'n drietand-vurk in sy hand gehad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Priesters het ’n sekere reg gehad wanneer iemand geoffer het. Terwyl die offervleis gekook word, kom die leerlingpriester met ’n drietandvurk