1 Samuel 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het dit in die pan of ketel of ketel of pot geslaan; alles wat die vleeshoek opgebring het, het die priester vir hom geneem. So het hulle in Silo gedoen met al die Israeliete wat daar gekom het.
Afrikaans (NLV) 2011
en dit in die pot of bak steek. Alles wat aan die vurk vassit, het die priesters dan vir hulle geneem. Dit was die gebruik vir al die Israeliete wat na Silo toe gekom het om te offer.
Afrikaans 1933/1953
en steek in die kastrol of in die pot of in die pan of in die skottel: alles wat die vurk optrek, neem die priester vir homself. So het hulle met al die Israeliete gedoen wat daar, in Silo, gekom het.
Afrikaans 1983
steek hy die vurk in die kastrol of die bak of die pot of die pan. Alles wat die vurk optrek, vat die priester vir hom. Dit het hulle gedoen met al die Israeliete wat in Silo kom offer het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dan steek hy dit in die kastrol, pot, kookpot of erdepot. Alles wat die vurk optrek, neem die priester daarmee weg. So het hulle gewoonlik gemaak met die hele Israel wat daar in Silo aangekom het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die slaaf het dan die vurk in die pot of die bak of die pan of die skottel gesteek. Alles wat aan die vurk vasgesit het, kon die priester vir homself vat. Die priesters het dit gedoen met al die Israeliete wat daar in Silo gekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
en steek dit in die bak of pan of kookpot of kleipot. Alles wat aan die vurk vassit, is die priester s’n. So het hulle met al die Israeliete gemaak wat in Silo kom offer het.