1 Samuel 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as iemand vir hom sê: Laat hulle nie versuim om die vet op die oomblik te verbrand nie, en neem dan soveel as wat jou siel begeer; dan sou hy hom antwoord: Nee; maar jy moet dit nou vir my gee; en so nie, sal ek dit met geweld neem.
Afrikaans (NLV) 2011
As die een wat offer dan sê: “Vat soveel as wat jy wil hê, maar die vet moet eers gebrand word,” het die dienaar geantwoord: “Nee, gee dit nou vir my, anders vat ek dit met geweld.”
Afrikaans 1933/1953
As die man vir hom sê: Laat hulle net eers die vet aan die brand steek, neem dan vir jou soos jou siel begeer -- dan sê hy: Nee, maar jy moet dit nou gee; en so nie, dan neem ek dit met geweld.
Afrikaans 1983
As die man dan vir hom sê: “Laat hulle tog net eers die vet aan die brand steek, dan kan jy vir jou vat wat jy wil,” sê die slaaf vir hom: “Nee, jy moet dit nou gee, anders vat ek dit met geweld.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As die man vir hom sê, “Laat hulle net eers die vet heeltemal verbrand, dan kan jy vir jou vat wat jy graag wil hê,” dan antwoord hy: “Nee, jy moet dit nou gee, anders vat ek dit met geweld!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En as die man dan vir die slaaf sê: “Wag 'n bietjie, hulle moet eers die vet aan die brand steek, daarna kan jy vat wat jy wil hê,” dan sê die slaaf vir hom: “Nee, jy moet dit nóú gee. As jy dit nie doen nie, dan sal ek dit self vat.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As die man vir hom sê: “Wag net eers tot die Here se deel verbrand is, dan kan jy vir jou vat wat jy wil,” sê die jong man: “Nee, gee dit dadelik, en as jy dit nie doen nie, vat ek dit met geweld!”