1 Samuel 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom was die sonde van die jongmanne baie groot voor die aangesig van die HERE, want die mense het 'n afsku gehad van die offer van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Die sondes van hierdie jong manne was vir die Here baie ernstig, want daarmee het hulle die offer van die Here met minagting behandel.
Afrikaans 1933/1953
En die sonde van die jongmanne was baie groot voor die aangesig van die HERE, want die mense het die offer aan die HERE verag.
Afrikaans 1983
Hierdie sonde van Eli se seuns was baie groot in die oë van die Here, want daardeur het die mense hulle agting vir die offer van die Here verloor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie sonde van die jong manne was baie groot in die oë van die Here, want die manne het die offer aan die Here met minagting behandel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het gesien dat die seuns van Eli 'n baie groot sonde doen, want hulle het gemaak of die offer van die Here nie belangrik is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit was ’n baie verkeerde ding wat dié twee jong mans daar in die tempel gedoen het, dat hulle so min respek gehad het vir die offers van die Here.